STANDARD DIRECT 13th August 2018

Hallo beautiful. Vandag is my dag van herrinneringe. Ek is so geseend om te kan weet ek sal altyd jou ousus wees. Jy het my wereld tot stilstand gebring die dag toe jy so onverwags en sonder enige waarskuwing na jou nuwe Hemel tuiste toe verhuis het en ek wens tot vandag toe dat ek die kans kon gehad het om jou vir oulaas te vertel hoe ongelooflik kosbaar en spesiaal jy is. Hoe lief ek vir jou is. Dankie dat jy altyd na my opgekyk het, dat ek nie net sussa kon wees nie, maar ook n Mamma rol in jou lewe kon speel toe ons Moeka nie meer daar was nie. Jy sal altyd die mooiste Perel in my hart wees. Ek mis en lief jou vir ewig en altyd****